Coert is gatvol
(Please scroll down for English version)
Nou het ek genoeg gehad!
Hierdie ope brief aan almal vir wie ek gatvol is, is nie vir sensitiewe lesers nie, want ek is kwaad en as ek kwaad is praat ek lelik en ek praat Afrikaans. Dit is ook nie ‘n impulsiewe brief nie. Ek is al lankal kwaad. Ek kan egter nie toelaat dat my basiese ordentlikheid om nie mense persoonlik aan te val langer in my pad staan nie. Partymaal moet mens maar ‘n ding by sy naam noem anders maak mense misbruik van jou ordentlikheid.
Ek is gatvol vir joernaliste soos Karen Breytenbach en Ian Fife wat stories skryf oor Treoc en Werner Britz se bankrot Surf Trust terwyl Karen nie eens met my of enige Treoc direkteur of werknemer gepraat het nie. Ian Fife het darem ‘n kort telefoongesprek met my gehad, my woorde heeltemal verdraai en die feite wat ek vir hom ge-epos het totaal geignoreer. Hulle was ook nog nooit op ‘n Treoc seminaar nie. Ek kan verstaan hoekom Steve Hofmeyr joernaliste met tee wil versuip!
Ek is gatvol vir Ian Fife, die stigter van eiendomadviesgroep YDL, wat persoonlik swak woonstelle in Johannesburg en Berea aan my wou verkoop waar ek verlede jaar volgens ABSA se statistieke 14% van my kapitaal sou verloor het. Ek blameer hom nie vir die swak advies nie, aangesien die resessie ons almal seergemaak het en gelukkig het ek nie vir hom geluister nie. Die rede hoekom ek vir hom erg gatvol is, is omdat hy sy lyf nou hoogheilige joernalis hou wanneer dit hom pas en dan in die Financial Mail ‘n klomp onbewese gemors oor my, sy konkurent, skryf. Mens doen dit net nie! Lyk my hy is kwaad omdat ek nie woonstelle by YDL gekoop het nie. Hy het darem my uitnodiging om die seminaar in Pretoria by te woon aanvaar.
Ek is gatvol omdat Werner Britz beweer ek het hom leer lieg nadat hy homself vasgelieg het. Hoekom vertel hy nie vir die likwideerders wie regtig sy finansiele adviseur was nie? Of het hy daaroor ook gelieg?
Ek is gatvol vir Neels Stander wat Treoc se kliente met bedrogwenke bedien het, ons kantore in Canal Walk oor ‘n naweek wederegtelik betree het, Werner Britz en ander kliente se lêers verwyder het, op kamera gevang word, by die polisie aangekla word en dan skotvry wegkom omdat ons land se polisiediens nie funksioneer nie.
Ek is gatvol vir die tandelose ou Financial Services Board (FSB) wat vir mense soos Stander en sy trawante toelaat om voort te gaan om ander mense met “advies” te bedien nadat ons die saak by hulle ook aangemeld het.
Ek is gatvol vir firmas soos Delgado en Velosa se Best Trust Company wat te kenne gee dat hulle hul kliente se belange op die hart dra en dan toelaat dat hul kliente se trusts skuld aangaan wat hulle nie kan bekostig nie soos die Werner Britz saak waaroor die media my die vark van die verhaal maak.
Ek is gatvol vir onetiese joernaliste wat by die likwideerders vertroulike inligting kry en dit verdraai. Hierdie is die storie van die Vier Varkies en Rooikappie. Die joernaliste se storie verskil natuurlik baie hiervan en is baie onvolledig.
Eerste varkie – Uit die hofstukke is dit duidelik dat Jose Delgado se Best Trust Company die Surf Trust se onafhanklike trustee is.
Tweede varkie – Dit is ook duidelik dat die Surf Trust se rekenmeester een van Delgado se ander maatskappye, die Total Trust Company, is. Dit kom duidelik voor in hofstukke dat advokaat Olivier Delgado se onafhanklikheid en etiese waardes ernstig bevraagteken, maar hieroor word niks geskryf nie.
Derde varkie – Die eiendom is blykbaar gekoop by Jodel Properties (klink soos ‘n afkorting vir Jose Delgado, maar hy ontken dit toe advokaat Olivier daarna vra)
Vierde varkie – Die finansiering is by Treoc Finance (Pty) Ltd gedoen op grond van ‘n blykbaar vervalste Inkomstebewys uitgereik deur Werner Britz se persoonlike rekenmeester wat ek van geen kant af ken nie.
Rooikappie – Ek het in my lewe nog nooit by Treoc Finance of enige van hierdie maatskappye gewerk nie. Hierdie Surf Trust voorval het in 2006 plaasgevind toe Delgado die Treoc Groep se Uitvoerende Hoof (CEO) was en ek die Nie-Uitvoerende Voorsitter van die houermaatskappy. Ek het nog nooit met enige klient, Werner Britz ingesluit, gekonsulteer nie, maar ek is volgens die media die vark van hierdie verhaal. Magtig, dit is nou soos om vir Rooikappie in die bekende Drie Varkies se storie te sit! Sy hoort nie eens daar nie en dan wil al die varkies en joernaliste haar nog bykom ook!
Terwyl ek nou aan die gang is en lekker op spoed is:
Ek is gatvol vir joernaliste soos Ian Fife wat Sharemax uitsonder omdat hulle winkelsentrums .........................
To read further, please log in. If you do not have an account, please subscribe



