Jaag weg die profete!
Verdoemenis
(Click here to read this article in English)
Deesdae is daar weer so baie mense wat ou spoke afstof en nuwe spoke skep. Die “Profete van Verdoemenis” is uit met mag en mening!
Ek kan net dink hoe die doemprofete oor al die eeue heen na elke katestrofe wat die wêreld getref het, hulle doemprofesies verkondig het. Hulle voorspel allerhande slegte dinge vir die aarde en vir die ekonomie en hulle staaf dit met onlangse gebeure soos die Dubai Ineenstorting, Credit Crunch, die Ysland Vulkaan of die Griekeland Bankrotskap. Kom ek gee vir julle vandag die enigste en beste voorspelling wat jy al in jou lewe gehoor het: Dit is dat niemand die toekoms kan voorspel nie. Die geskiedenis is vol van mense wat dit probeer doen het. Selfs Nostradamus en Siener van Rensburg se voorspellings word eers “ontsyfer” nadat iets gebeur het wat kamstig so voorspel was. Dit laat dink my nogal aan die palmlesers en selfs die mense wat die “anderkant” kan sien. Alles algemene snert.
Die probleem is egter dat baie mense die snert glo en hulle lewens daarvolgens rig. Dit bring vir hulle groot persoonlike ellende mee. Vir eeue al! Hoekom sal dit hierdie keer anders wees? Hoekom sal die voorspellings hierdie keer vir die eerste keer in die mens se geskiedenis in die kol wees?
Ons lewe nou. Doen nou wat jy nou moet doen en dan sal jy nie nodig hê om oor die dag van more te bekommer nie. Soos hulle in Engels sê: “We wil cross the bridge when we get there.” Al waaroor ons seker kan wees is “death & taxes” en dit is rondom dit wat ek my lewe beplan. Nie rondom die voorspellings van die duisende voorspellers nie.
Ek maak seker dat ek op my oudag versorg sal wees. As die voorspellers weereens verkeerd is, is ek versorg. As hulle vir die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom reg is, maak dit nie saak nie en berus ek my in my lot.
Ek kan beslis nie my lewe inrig vir elke moontlike gebeurtenis op die aarde nie. As jy dit wil doen moet jy die volgende doen:
Nooit weer jou huis verlaat nie, want ‘n kar kan jou trap.
Nooit spaar nie, want die bank kan jou geld steel.
Nooit kos eet nie, want .........................
To read further, please log in. If you do not have an account, please subscribe
No Comments »
No comments yet.
RSS feed for comments on this post.
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.



