Welcome to Lightminded. This is the portal to the revolutionary wealth creation methods of "Mister Fearless Coert Coetzee".
Coert is an experienced businessman and a successful investor. He is also a well-known speaker and international seminar presenter, and is frequently invited to conferences as a keynote speaker.

People who have already attended Coert's life-changing investment and business seminars know why his methods are revolutionary, and know that they have already created more millionaires than any other method. However, Coert doesn't ascribe his club members' success to his methods alone, but also to the personalised support given by his handpicked and highly trained service providers, who make it all possible.

This website serves as a portal to Coert's dynamic Service Provider Network. But before you go any further, first read "About Us" on the right-hand side of this page.

Die Ark

June 6, 2010 Filed under: The Thinker

Die grootste skip op aarde?

(Click here to read this article in English)

“So moet jy dit maak: Driehonderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.” Genesis 6:15

Destyds as ‘n jong seun het ek my Pa gevra wat ‘n el is en hy het gesê dit is die afstand tussen ‘n groot man se hand en elmbog. Ek het uitgewerk dit is omtrent so lank soos ‘n kind se tree. Later het ek gelees dit is eintlik 68 cm.

Die volgende dag het ek die afmetings van die ark soos in Genesis aangegee in die stofstraat voor ons huis afgetree en toe my Pa van die werk af kom daardie middag het ek hom gewys en gevra hoe al die diere van die wêreld, twee van ‘n soort, met hulle kosvoorraad vir langer as 180 dae in ‘n skip van daardie grootte kan pas. My Pa het nie ‘n verklaring gehad nie en net gesê dat dit nie vir ons is om vrae te vra nie. Ons moet net glo!

Ek was verskriklik teleurgesteld, want soos enige seuntjie het ek ook gedink my Pa weet alles. Dan was hy darem ook Hoofouderling en Sondagskoolhoof. Ek het ook niks daarvan gehou om net te moet glo en nie vrae te mag vra nie.

Hierdie antwoord van my Pa het die absolute teenoorgestelde uitwerking op my gehad as wat hy dalk gedink het dit sal hê, want daarna het ek alles begin bevraagteken. Soos ek ouer geword het, het hierdie eienskap my soms gehelp om suksesvol te wees en soms het dit my in die moeilikheid laat beland soos toe ek my offisiere se opdragte begin bevraagteken het in die weermag. Later jare het ek ou besigheidsbeginsels begin bevraagteken en as dit nie vir my sin gemaak het nie, het ek dit verander.

Hierdie eienskap van my is regtig iets wat ek kan aanbeveel. Vra vir Sanlam hoekom hulle uitkeerpolisse so pateties is. Vra vir jou rekenmeester hoekom jy so baie belasting betaal. Vra vir jou partyverteenwoordiger hoekom hulle nie die ANC ook hel gee soos Afriforum nie. Vra vir jou dominee hoekom hy jou nie vertel wat die skeppingsverhaal werklik geestelik beteken nie. Vra jou finansiele adviseur hoekom hy jou nooit vertel het ‘n trust is die beste belastingvoertuig nie. Vra hom ook sommer hoekom hy jou nooit vertel het lewensversekering is vandag omtrent 50% goedkoper as 15 jaar gelede nie. So kan ons aangaan, maar ek dink julle verstaan wat ek probeer sê.

Moenie soos skape agter mekaar aanloop nie. Dit laat dink my aan my gunsteling advertensie op TV. Die hond met die mooi stel tande wat so die spot dryf met die skape in die Hilux advertensie. Pasop, as jy soos ‘n skaap optree sal jy soos ‘n tjop behandel word. Jy word geeet!

Julle wonder nou seker wat die antwoord op die Ark vraagstuk .........................

To read further, please log in. If you do not have an account, please subscribe

No Comments »

No comments yet.

RSS feed for comments on this post.

Leave a comment

You must be logged in to post a comment.